Ons eredienste in die kerkgebou is tans toe agv die Covid Regulasies.
Vooraf bespreking vir erediensbywoning is 'n vereiste agv COVID getal en sosiale afstand-beperking.
Daar is 2 opsies om te bespreek:
Opsie 1 – PERSONE met toegang tot internet:
Die skakel (link) vir aanlyn besprekings sal weekliks op ‘n MAANDAG beskikbaar wees op die webwerf en WhatsApp groepe / SMS. Volg instuksies en voltooi registrasie / bespreking vir bepaalde erediens
Opsie 2 – PERSONE met GEEN toegang tot internet: Skakel kerkkantoor om namens u bespreking te doen. Dis NB dat u die volgende persoonlilike inligting van elke individu wat erediens gaan bywoon kan verskaf:
* Naam & Van
* ID nr
* Selfoon nr
* Gesondheidsstatus tov COVID.