Hierdie is ‘n verkorte boodskap van die een wat ons Sondae op die webwerf gaan plaas. Ons hou dit kort en eenvoudig sodat kinders nie uitgesluit is nie. Die wat die langer weergawe wil hê kan dan as gesin saam inskakel op die video-erediens maar doen asb alles saam soos om saam te sing.
Kry julle gesin bymekaar en gaan sit op ‘n gemaklike plek in die huis soos byvoorbeeld om die eetkamertafel.
Sorg dat julle ten minste een Bybel by julle het.
As julle kinders onder 12 by julle het vertel vir hulle waarom ons bly kerk hou al is dit in huisverband.
Ons Regstreekse Erediens is beskikbaar elke Sondag om 09h00
DANKOFFER