Liggiefees

NG Kerk Wonderpark se Liggiefees

Die Liggiefees is die bekendste kuns, musiek en vermaak fees in die noorde van Pretoria. Die doel van ons fees is eerstens om fondse in te samel om mee uit te reik na ons gemeenskap en gemeentelede wat swaar kry, maar tweedens gee die fees ons kans as gemeente en gemeenskap om saam fees te vier.

En geniet ons dit!! Die fees word een keer per jaar gehou vir 10 dae van vroeg oggend tot laat aand. Daar is ‘n reuse kunsmark, ‘n Tee-tuin met koeke wat almal ‘n tweede keer sal laat kom kuier, ‘n verskeidenheid van heerlike wegneem-etes en gebraaide aandetes, vermaak vir die jonges asook ‘n aandprogram met bekende gesigte wat mens nie wil mis nie.

Die Liggiefees in 2015 sal plaas vind vanaf 4-13 September.

Hierdie jaar kan julle uitsien na sterre soos Laurika Rauch en Steve Hoffmeyer. Moenie die Liggiefees van 2015 misloop nie! Kontak Annelize of Leilanie vir navrae.