Die sakremente van die doop is ‘n besondere geleentheid, waartydens die Here op ‘n tasbare en simboliese wyse sy trou aan sy kinders kom belowe.
Die doop is God se inisiatief waartydens hy Sy hand van liefde en verlossing na ‘n swak mens uitsteek. Ons elkeen moet antwoord op die aanbod van God. Deur ons lewens aan Hom toe te wy, en hom as ons God en ons Verlosser aan te neem.
Die doop word bedien aan die kinders van gelowige ouers, selfs al verstaan hulle nog nie wat dit beteken bnie. Die doop is immers van die vroegste tye af aan die hele gesin bedien, daar waar die ouers tot bekering gekom het. God se belofte van liefde en verlossing bly geldig, selfs aan die mees weerlose mens.
Die doop word bedien op spesifieke Sondae om 09:00 (Daar sal op geen ander Sondae doop bedien word nie, behalwe waar kinders uit die buiteland ouers besoek en wil doop). Kyk op ons almanak vir die doopdatums. Reël asb LANK voor die tyd sodat die nodige reëlings getref kan word en dat u ook die doopkategese kan deurloop). Doopkategese word aangebied deur die leraar wat die betrokke Sondag sal doop en vind twee weke voor die doop plaas om 19:00 in die kuierkafee. Skakel asb die kerkkantoor om u doopgegewens op te gee en ‘n afspraak te maak vir doopkategese.
Doopkategese is verpligtend en moet deur beide ouers bygewoon word. Ouers moet die geleetheid sonder hul babas bywoon.
Doopdatums 2022
12 Junie 2022
Baie geluk met julle komende troue. Om julle so goed as moontlik toe te rus vir die getroude lewe bied ons voorhuwelikse gratis seminare aan. Dit geskied op Maandae-aande tussen 19h00 en 20h30 in die kuierkafee. Getroude paartjies is ook welkom om dit by te woon vir huweliksverryking. Paartjies wat sekerheid wil hê of hulle vir mekaar bedoel is, is ook baie welkom Ons behandel onder andere persoonlikhede, konflik en kommunikasie. Kyk op ons kalender vir datums wat julle pas.
Kategese is verpligtend om in die huwelik bevestig te word.
Koordineerder: Dr Annelize Endres
Dit begin 19:00 in die kuierkafee.
Besprekings kan telefonies by die kerkkantoor gedoen word 012 5491340 / 0993
Laai Inligtingstuk af